| 082 452 4488 | All Appliances LPGSSA approved |
Quotation Total - R0.00

Watter warmwatertoestel moet ek koop?

WATTER WARMWATERTOESTEL MOET EK KOOP?

Daar is twee tipes gas warmwatertoestelle in Suid Afrika beskikbaar; Standaard Gas Waterverwarmers en ‘n Gevorderde Gas Warmwatertoestel (wat van geforseerde waaier bystand gebruik maak)

LET WEL: Ons verkoop slegs gevestigde en betroubare produkte wat volle diens en onderdele ondersteunings het.

STANDAARD GAS WATERVERWARMERS

Handelsname van gas Waterverwarmers wat tans op die Suid Afrikaanse mark bekrygbaar is sluit in Atlas, Bosch, Dewhot, Kexin, Delta en Kwikhot. Alle standaard Waterverwarmers, insluitende Bosch, word in China vervaardig.

Voordele van Standaard Gas Waterverwarmers:

  • Bekostigbaar
  • Battery gedrewe
  • Maklik om te gebruik en onderhou. Hierdie gas warmwater toestelle bied ‘Somer’ en ‘Winter’ temperatuur keuses en water toevoer kontrole.
  • Meeste Standaard Gas Warmwatertoestelle dra ‘n een jaar waarborg, mits die toestel geinstalleer is deur ‘n gekwalifiseerde en gerigistreerde installeerder (sien ons ‘Installations” bladsy vir inligting oor hoe om ‘n gekwalifiseerde installeerder in jou area te vind). Bosch Standaard Warmwater Toestelle bied, op installasie, ‘n twee jaar waarborg, met dieselfde voorwaardes.

Nadele van Standaard Gas Waterverwarmers:

  • Standaard gas Waterverwarmers is nie doeltreffend as dit nodig is om warm water na verskeie krane gelyktydig te stuur nie. In ‘n woning met twee of meer badkamers sou dit ideal wees on een medium Standaard Gas Warmwatertoestel (10l/12l) per badkamer te installeer of 1 Gevorderde Gas Warmwatertoestel.
  • Hierdie waterverwarmers kan nie doeltreffend warm water voorsien aan badkamers op die tweede verdieping nie.
  • Standaard gas Waterverwarmer is baie maklik beinvloed deur dobberende water druk, wat sal veroorsaak dat die warmwatertoestel af skakel. ‘n Drukpomp wat tussen die waterbron en die warmwatertoestel geinstalleer is sal hierdie probleem oplos.
  • Alle Standaard gas warmwatertoestelle moet met ‘n skoorsteen geinstalleer wees. Die vereiste is geldig vir binne en buite installasies.
  • Hierdie warmwatertoestelle moet ook ‘n beskermende weer kleed hê om dit teen sterk wind en reenbuie te beskerm.

Aanbeveelde Standaard Warmwatertoestel Groottes:

  • 6l toestel – Kombuis opwasbak of slegs wasbak
  • 8l toestel – Kombuis opwasbak en wasmasjien. Kan moontlike gebruik word vir ‘n stort wat nie gereeld gebruik word nie, soos ‘n gaste badkamer. Die toestel bied nie voldoende volume warm water vir daglikse gebruik nie.
  • 10l toestel – Stortbad
  • 12l toestel – Minimum grootte benodig vir ‘n bad
  • 16l toestel – 1 stortbad en 1 ‘klein’ warm water kraan bv. handwasbak wat gelyktydig loop
  • 20l toestel (Standaard Warmwatertoestel) – 2 Storte/baddens was gelyktydig loop.
  • 20l toestel (Gevorderde toestel) – 4 Storte wat gelyktydig loop
  • 26l toestel (Gevorderde toestel) – 6 Storte wat gelyktydig loop

Gas Doeltreffendheid

Die groter standaard gas toestelle sal meer gas opgebruik as die kleiner toestelle.  Oor die algemeen word die warmwaterkraan in die kombuis meer gebruik as enige ander kraan in die huis en dit is hieroor dat dit soms meer koste effektief en gas besparend is om vir die kombuis ‘n aparte 6l of 8l toestel te installer.

Gevorderde/Geforseerde Gas Warmwatertoestelle

Handelsname van Gevorderde Gas Toestelle wat in Suid Afrika beskikbaar is sluit in Paloma, Rinnai en Bosch.  Paloma en Rinnai is al vir meer as 50jaar aan die gang en albei handelsname word in Japan vervaardig.  Bosch warmwatertoestelle word in Duitsland ontwerp en in China vervaardig.

Voordele van Gevorderde Gas Toestelle:

  • Gevorderde gas warmwatertoestelle is hoogs gas besparend
  • Presiese water temperatuur kan vooraf geprogrammeer word
  • Gevorderde gas toestelle kan teen water druk wat so laag is as 1.5bar
  • Warm water kan voorsien word to 20meter van die toestel.
  • Gevorderde toestelle is die enigste gas gedrewe warmwater toestelle wat warm water aan ‘n boonste verdieping kan lewer.
  • Automatiese stabilisering en fluktuasie van water druk.
  • Die elektroniese sisteem wat deel is van die Gevorderde toestel verseker genoeg water druk en temperatuur om 6 warm water krane gelyktydig te voorsien.
  • Ten volle weerdig en skoorstene is nie vereis nie.
  • Paloma en Rinnai bied ‘n 10jaar waarborg mits die warmwater toestel deur ‘n gekwalifiseerde en geregistreerde installeerder geinstalleer is. (Sien ons ‘Installations” bladsy vir inligting oor hoe om ‘n gekwalifiseerde installeerder in jou area te vind).  Let wel: 10 jaar waarborg dek die hitteruiler.  Daar is ‘n 3jaar waarborg op al die interne pype en 1jaar waarborg op elektroniese onderdele. Bosch: 3jaar waarborg.

Nadele van Gevorderde Gas Warmwatertoestelle:

  • Gevorderde gas toestelle kan tussen twee en drie keer soveel kos as ‘n Standaard toestel.
  • Gevorderde gas toestelle moet van elektrisiteit gebruik maak om te werk en om die elektroniese kontrole te kan gebruik. ‘n Gebrek aan elektrisiteit gedurende krag onderbrekings kan oorkom word deur gebruik te maak van ‘n USB koppeling of om van ‘n omsetter gebruik te maak.
  • Gevorderde Gas Warmwatertoestelle kan ook gebruik maak van ‘n kragopwekker, alhoewel daar beskerming teen kragstygings geinstalleer moet word om die elektroniese komponente van die toestel te beskerm.

Gas Gebruik Verduidelik

Gas gebruik word bereken deur ‘n warmwaterkraan so groot oop te draai as moontlike en die waterverwarmer so, vir ‘n volle uur te laat werk.

Standaard toestelle het nie elektroniese beheer funksies nie, daaroor kom all die gasbranders gelyktydig aan.  Dit beteken dat hulle gasgebruik dieselfde is ten spyte van die hoeveelheid krane wat op een slag oop is.

Gevorderde/Geforseerde Gas warmwatertoestelle kan wel elektronies beheer word dus sal die aanvraag op warmwater die gasgebruik bepaal.

Belangrike kennisgewing

Die waarborg op gas toestelle is slegs geldig as die toestel geinstalleer is deur ‘n installeerder wat gekwalifiseer en gerigistreer is, en die installasie ooreenstem met die vervaardigers se instruksies.  Om ‘n gekwalifiseerde installeerder in jou omgewing te vind kan daar op ons ‘Installations’ bladsy gekyk word.

 

 

 

Mobile version: Enabled